Begin Jou Eie Crafty Kids Sentrum

Wat benodig ek om klasse aan te bied?

Elke lisensiehouer ontvang ‘n Crafty kids Handleiding en advertensies in die aanvangspakket, asook verskillende soorte verf, kwasse, palette, skêre, ens. By elke les is daar ‘n lys van benodigdhede. Jy is self verantwoordelik vir die verkryging van voorraad vir die lesse, maar inligting is beskikbaar oor verskaffers wat afslag gee. Vooruitbeplanning is onontbeerlik, sodat voorraad betyds bestel kan word. Jy benodig ‘n tafel, bankies en ‘n kas of rak vir voorrade. Die belangrikste is egter: baie liefde, geduld en toewyding!

 

Watter opbrengs kan ek van my belegging verwag?

Afhangende van die entoesiasme en oorgawe waarmee dit aangepak word en gebaseer op ‘n fooi van R70 per kind per les, kan ‘n bruto bedrag van R15,000 tot R20,000 per maand redelik maklik verdien word, indien 3 of 4 klasse met 10 tot 15 kinders per klas aangebied word. Meeste van ons voltydse takke het meer as 100 Crafty kids  elke week deur hul deure!  Klasse duur oor die algemeen 1 uur en elke kind het 1 les per week. Jonger kinders kry meer aandag in groepe van 10 per klas. Jy kan ook 2 lesse per dag aanbied met ‘n uur speling tussen-in om op te ruim. Die gemiddelde uitgawe aan materiale is R10 per kind per les, so jy maak regtig ‘n groot wins. Wat jy dus gaan verdien, hang van jouself en die bemarking van jou sentrum af.

Om ons inligtingpakket gratis te ontvang per pos, kontak vir Amanda:

*Verpligte Inligting

Of skakel Amanda direk by:

Tel:   +27 (0)21 863 1437 

Ure: Maandag tot Vrydag, 09:00 - 17:00